Sunday, May 20, 2012

Jongste Nuus

OASE: Ontstaan en agtergrond

OASE, ’n akroniem vir Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekspedisie, het sy ontstaan te danke aan die bekende Latynse vraag: Quo vadis – waar gaan jy heen? Hierdie vraag is al dikwels in die verlede deur Afrikanerleiers gevra, met die bekendste daarvan seker in dr. D.F Malan se Afrikaner Quo Vadis-toespraak tydens die opening van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949. Die media het destyds berig dat nagenoeg 150 000 Afrikaners die geleentheid bygewoon het.

Veertig jaar later, op 26 Mei 1990 het dr. A.P. Treurnicht ook voor ’n Afrikanergehoor van ongeveer 150 000 mense by die Voortrekkermonument ‘n toespraak gelewer met as titel: Die Derde Vryheidstryd het begin. Min het Afrikaners toe besef wat se visionêre toespraak dit in werklikheid was. Tydens hierdie toespraak het dr. Treurnicht alle Afrikaners, en by name die destydse president mnr. F.W. de Klerk,  gewaarsku dat enige vorm van multikulturele demokrasie gebaseer op een-mens-een-stem ’n swart meerderheidsregering vir SA sou oplewer waarin Afrikaners se politieke mag sal verdwyn. Dr. Treurnicht het as alternatief selfbeskikking vir Afrikaners as minderheidsvolk in ’n eie grondgebied voorgehou. Op 17 Maart 1992 moes Afrikaners seker een van die belangrikste vrae in hulle volksbestaan beantwoord in die sogenaamde apartheidsreferendum, naamlik:

Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident (F.W. de Klerk) se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ’n nuwe grondwet deur onderhandeling?

’n Oorweldigende meerderheid het “JA” gestem op hierdie vraag. Toe mnr. F.W. de Klerk destyds gevra is oor die kwessie van selfbeskikking vir wit Suid-Afrikaners gedurende dieselfde pylvak, was sy antwoord onder andere:Ons doen alles in ons vermoë om enige blanke vrese te besweer. U het niks te vrese van die Nuwe Suid-Afrika nie. Ons te onderhandelde wigte en teenwigte staan reeds vas soos die Rots van Gibraltar.”

 Volledige Artikel…

White fears are legitimate and real

by  Henri le Riche

“White fear” in South Africa is very legitimate and real. Minority rights, though protected in most true democratic countries, are not acknowledged in South Africa. It is irresponsible to say a minority, or certain individuals, do not have reason of fear when they are not recognised as such, nor have correct statistics from ”official” government sources to prove otherwise.

South Africa must portray the demographics of the population, yet the police statistics do not portray the correct data on how crime affects minorities. The South African Police Service does not maintain any records of crimes according to race. Therefore they cannot claim that Afrikaners specifically, whites in general, are not victims of racist crime to some degree. It is impossible to get a true picture of the extent of the problem, on top of asylum cases which are really just the extreme form of the current brain drain due to laws of the SA (ANC) government which discriminate on the basis of race. However, many asylum applicants have real legitimate reasons. Every case should be dealt with on individual circumstances. The main problem is the silence on hate crimes affecting the white minority and many whites are feeling that their voices are not heard.

 Volledige Artikel…

Internasionale reg en internasionale politiek

Eugene Brink, voorheen verbonde aan Solidariteit-beweging en deesdae navorsingshoof van die N.P. van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid by die FAK, skryf onlangs hierdie kommentaar in reaksie op Chris du Plessis se plasing op facebook i.v.m. OASE (ons haal dit letterlik aan):

“Eugene wrote: Chris, ek wil dan net kortliks reageer. Ek verstaan julle (OASE se) strewes en dink dis edel, maar wil ook net ‘n paar stuiwers in die armbeurs gooi siende dat ek tog al heelwat navorsing vir my doktoraal in selfbeskikking in postkoloniale Afrika gedoen het. Sesessie buiten vir dekolonialisering was slegs in enkele gevalle suksesvol: Eritrea in die vroee 90′s toe Ethiopie se Sowjet-steun verdwyn het en die internasionale mening weggeswaai het van lg.; dan ook Suid-Soedan as die mees onlangse voorbeeld, met oorweldigende steun uit Afrika (Suid-Soedan is immers nou ‘n swart staat) en die wereld na dekades se growwe menseregte-skendings. Biafra, Katanga en Rhodesie se pogings was almal doodgebore en dele soos Puntland, Somaliland en Westelike Sahara het nerens enige erkenning nie al is Somalie ‘n mislukte staat met geen regering nie.

Die OAU het in 1963 sy steun aan die Uti possidetis-beginsel verleen en die soewereintiteit en gebiedsintegriteit van bestaande Afrika-state erken en so het die AU daarmee voortgegaan. Terwyl die VN-handves in art. 2 en 55 die reg op selfbeksikking erken, sowel as ander verbonde in die 1960′s om Afrika onafhanklik te maak, is die beginsel van gebiedsintegriteit nog altyd gehandhaaf en min state of ander internasionale rolspelers sal hul steun toese aan ‘n volkstaat in SA. Die Kosowo-geval was oorweldigend gesteun deur die Weste om Rusland se vennoot (Serwie) te verswak. Dit was dus ‘n internasionale magspel wat Kosowo se UDI laat slaag het, nie die internasionale reg nie. Sover dit SA betref, glo ek helaas nie vir een oomblik dat die magtigste staat in Afrika ‘n groot stuk van sy produktiewe grondgebied aan die voormalige ‘Afrikaner-onderdrukkers’ sal afstaan nie. Ons bly in Afrika en dis die manier hoe Afrika werk en die ANC sal SA eerder verwoes as om ‘n stuk te laat afstig en dan daarna skielik handelbetrekkinge met die nuwe staat te he en hulle as belastingbetalers te laat gaan.

 Volledige Artikel…

South Africa – Detailed Analysis 2010: Collapsing into a Failed State

This detailed analysis comes from Dr Jan Du Plessis who specialises in producing detailed analyses for large businesses. He is based in Pretoria. Dr Du Plessis is an old hand at this sort of thing having spent much of his life doing various intelligence analyses. I remember that prior to 1994 he was often on TV discussing aspects of the Cold War. He worked closely with my late mentor, Dr Chris Jordaan and others.

I received this from a regular supporter in Nambia who laid his hands on this July 2010 analysis. This is detailed.

Some years ago I published an analysis by Dr Du Plessis called, “South Africa: Beyond Democracy”. When I last spoke to Dr Chris Jordaan a few years ago prior to his death, he told me that all the indications were that by 2010 South Africa would become a failed state. We are now in 2010 and Dr Du Plessis is basically telling us that we are pretty much there – except Government is hiding it.

 Volledige Artikel…

Afrikaner: Waarheen is jy oppad?

- Deur Cor Ehlers

Die vraag hierbo is al dikwels in die verlede deur Afrikanerleiers gevra, met die bekendste daarvan seker in dr. D.F Malan se Afrikaner Quo Vadis-toespraak tydens die opening van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949. Die media het destyds berig dat nagenoeg 150 000 Afrikaners die geleentheid bygewoon het. Op 26 Mei 1990 het dr. A.P. Treurnicht ook voor ’n Afrikanergehoor van ongeveer 150 000 mense by die Voortrekkermonument ‘n toespraak gelewer met as titel: Die Derde Vryheidstryd het begin. Min het Afrikaners toe besef wat se visionêre toespraak dit in werklikheid was. Tydens hierdie toespraak het dr. Treurnicht Afrikaners, en by name die destydse president mnr. F.W. de Klerk, duidelik gewaarsku dat enige vorm van multikulturele demokrasie gebaseer op een-mens-een-stem ’n swart meerderheidsregering vir SA sou oplewer waarin Afrikaners se politieke mag sal verdwyn. Dr. Treurnicht het as alternatief selfbeskikking vir Afrikaners in ’n eie grondgebied voorgehou.

Op 17 Maart 1992 moes Afrikaners seker een van die belangrikste vrae in hul bestaan beantwoord in die sogenaamde apartheidsreferendum, naamlik: “Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident (F.W. de Klerk) se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ’n nuwe grondwet deur onderhandeling?” ’n Oorweldigende meerderheid het “JA” gestem op hierdie vraag. Toe mnr. F.W. de Klerk gevra was oor die selfbeskikking vir Afrikaners gedurende dieselfde pylvak, was sy antwoord onder andere:Ons doen alles in ons vermoë om enige blanke vrese te besweer. U het niks te vrese van die Nuwe Suid-Afrika nie. Ons te onderhandelde wigte en teenwigte staan reeds vas soos die Rots van Gibraltar.”

Wat daarop gevolg het was die RSA se eerste demokratiese verkiesing op basis van een-mens-een-stem in 1994, toe ’n swart meerderheidsregering onder die ANC aan bewind gekom het. Die proses is voltrek in ’n nuwe grondwet vir Suid-Afrika wat in 1996 van krag geword het. Sedertdien word Afrikaners se kultuur skreiend afgetakel, hulle word ekonomies ontmagtig op alle denkbare maniere en hulle word fisies uitgemoor teen ’n skaal wat deur die internasionale organisasie Genocide Watch reeds op vlak 5 van 8 moontlike vlakke van volksmoord geplaas is.

 Volledige Artikel…

 
Move
-

Ontstaan van die Afrikanervolk

Jongste Artikel

  In voorafgaande artikels op hierdie blog is die woord ‘volk’ telkens gebruik, maar lesers moet daarop let dat die begrip ‘volk’ as sodanig nie meer inslag vind in die moderne antropologie en sekerlik ook nie meer in die moderne wêreld nie. Ons hoef net dit wat rondom ons afspeel waar te neem, dan sal [...]

  Read more ...

Die kultuurpatroon van die Afrikanervolk Volgens Coertze (1973:71) bestaan kultuur uit ‘n verskeidenheid kulture wat die lewensgestalte is van ‘n verskeidenheid volke, versprei in ruimte en mekaar opvolgend in tyd, alhoewel daar groot ooreenstemming is in algemene struktuur en vorm van die kulture van die wêreld en vermoedelik ook van alle tye. Hierdie fundamentele aspekte [...]

  Read more ...

Die aard van die Westerlinge wat in die 17de eeu na Suid-Afrika gekom het en hul lotgevalle in die 18de eeu. Volgens Coertze (1974:49) was die Hollanders – soos wat destyds na hulle verwys is, aangesien die Koninkryk van die Nederlande eers in die 19de eeu tot stand gekom het – wat hierheen gekom het [...]

  Read more ...

Nuusbrief Subskripsie

Epos Adres:

 

OASE OP OASE op YouTube
OASE op YouTube

OASE Eenheidsvlag vir Afrikaners - Ex Unitate Vires

Artikel7

Steun Afrikaans en de Afrikaner in Zuid-Afrika - ARAF

OASE Op Facebook

Twitter Boodskappe