Monday, May 20, 2013

Geskiedenis herhaal homself – ook vir Afrikaners

Print Friendly

Afrikaners se voorgeslagte het vir die eerste keer sedert Jan van Riebeeck in 1652 ’n verversingspos vir verbygaande skepe aan die suidpunt van Afrika aangelê het, in 1789 groot groepe swartes aan die Sondags- en Visrivier in die Oos-Kaap teëgekom. Voor daardie tyd was daar slegs Khoisan-groepe (Hottentotte en Boesmans) suid van die Visrivier permanent gevestig, dit wil sê die werklike first nations van die Kaapkolonie soos wat dit destyds bekend gestaan het. Die eerste kontak met swart stamme van Afrika in die Oos-Kaap het dadelik tot ernstige konflik tussen Xhosa-stamme en Trekboere gelei wat dikwels met grootskaalse geweld gepaard gegaan het. Gerespekteerde historici en volkekundiges is dit eens dat die Afrikanervolk sy beslag gekry het tussen 1700 en 1800.  Die Kaapkolonie is in 1806 deur Groot-Brittanje gekoloniseer en die Britte se mag is baie gou uitgebrei oor die hele kolonie, insluitend die Oos-Kaap waar baie Afrikaners reeds gevestig was.

Teen 1834 het groot getalle Afrikaners wat as Voortrekkers bekend gestaan het, die Oos-Kaap verlaat en die binneland ingetrek deels omdat hulle nie langer onder Britse bewind wou staan nie. Een van die Voortrekkerleiers, Piet Retief, se eggenote was Lenie, gebore De Wet. Dit was Retief se eerste huwelik, maar Lenie se tweede huwelik, aangesien haar eerste man, Jan Gr(e)yling, in 1820 tydens ’n strafekspedisie in die Oos-Kaap deur Xhosas vermoor is.  Greyling-kinders uit Lenie se eerste huweilik is deur hul ma en stiefpa, Piet Retief groot gemaak. Daar is ook kinders gebore uit Piet en Lenie Retief se huwelik waarvan ’n dogter, Debora, waarskynlik die bekendste is. Debora het in November 1837 haar vader se naam op sy verjaardag op ’n rots uitgekerf by Kerkenberg op die Drakensberg-platorand, naby Oliviershoekpas. Terwyl Retief met ’n aantal weerbare mans onderhandelinge vir grondgebied met Dingane in Natal gaan voer het, het oumense, vroue en kinders by Kerkenberg kamp opgeslaan om daar te wag vir die uitslag van Retief se onderhandelinge met Dingane, die Zoeloekoning, oor grondgebied in Natal.

Dit is algemene kennis dat Piet Retief en al sy manskappe op 6 Februarie 1838 deur Dingane op verraderlike en wrede wyse in die Zoeloekoning se kraal by Umgungundlovu vermoor  is. Beide Lenie se mans is dus deur swartes vermoor. Nadat Dingane se mag op 16 Desember 1838 met die Slag van Bloedrivier gebreek is, het die Voortrekkers in die grondgebied gaan vestig wat deur Piet Retief by wyse van onderhandeling met Dingane verkry is en wat in ’n Traktaat omskryf word. Die Traktaat is onderteken deur Retief, Dingane en ’n aantal getuies in teenwoordigheid van ene Owen, ‘n Britse sendeling wat sendingwerk onder die Zoeloes by Ungungundlovu gedoen het en daar met sy gesin gevestig was.

Teen 1840 was die Voortrekkers druk besig om hul nuwe land, die Republiek van Natalia, in rus en vrede te ontwikkel. Drie jaar later, in 1843 het Groot-Brittanje egter daardie gebied ook geannekseer en was Afrikaners se voorgeslagte weer eens hul vryheid kwyt.

Terwyl die weduwee Retief in 1840 in Pietermaritzburg gevestig was, het sy ’n brief aan haar broers en susters in die Oos-Kaap geskryf waarin sy haar en haar gesin se tragiese lot beskryf. Nie net is haar twee mans deur swartes vermoor nie, maar ook twee van haar Greyling-seuns en haar jongste seun by Piet Retief. Die oorspronklike brief is in die Kaapse Argief. Ons haal dit hier aan om te illustreer hoedat Afrikaners se geskiedenis in ons tyd herhaal word. Die fisiese aanslag teen Afrikaners mag nie onderskat word nie. Afrikaners sal slegs beheer kan uitoefen oor hul eie veilgheid die dag wanneer hulle weer vryheid geniet in hul eie land. Sonder soewereiniteit oor eie grondgebied mag Afrikaners nie ‘n eie polisie- of weermag in stand hou nie.

Op de Kolonie van Port Natal, Genaamt Pietermaritzburg, den 7 den Juli 1840

Mijn waarde en Nooit vergetene Broeders en Susters Retiefs, en Herholt, benevens moeder, als zij nog leef. ––

Met deze gelegenthijt kan ik niet nalaten UEd. te melden dat ik en mijn wijnige kinderen nog vris en gezont ben door de goedhijt des Heeren, wij hoop van UEd. het zelfde –– Wat nuwes aanbetref weet ik UEd. niet veel te melde zo ver dat het met ons nog boven verwagting gaat en ook nog boven onse verdienste- wat onze vijant aangaat wij leef met hem nog in vrede- hij heef onze schade uijt betaalt aan beeste en aan beuijt en verder woon wij op onze erven en plaatzen –– dit bouw en plant en zaay vris- maar van dit jaar heef wij nog een groot broot gebrek van wegens de roes passeerde jaar zo erg was maar en tegen was er mooye tuiyne en dan vol op mielies en pampoene en vol op vlees het is dan gezeg de meeste beeste vlees om de menigte van kaffers *(sic) beeste die onder ons is ––wat ons regerings vorm aan betref is tot hier toe weer in een behoorlijke stant er was voor een tijtje een kwessy onder de hoofde maar het is dog weer alles te vrede onze plaatze is ook al geenspekteerd de ouwe heer Smit is ook nog onze leeraar; wij is ook besig aan onze nuwe kerk ––

Verder ken wy hier nog byna alles te koop kryge maar het is braaf duur voor onse voortrekkers Die weer van een af moet beginne waar ik een van ben die zo uyt gekleet ben van goet en bloet eers door onse wreede vyande van mans en kinders ontroof en de masels heef myn weer van kinds kinders en een brave schoonzoon ontroof myn Debora haar man-

Geliefde broeder op u verzoek zal ik schryve hoeveel kinders dat ik gehat heef hoeveel dat ik nog heef van over lede Jan Gryling heef ik 9 kinders gehat 3 is klyn gestorve 6 heef ik groot gemaak daarvan is dood; myn dogter Gertruyda aan de kraam myn twede dogter Maria aan de hartkloppens alle byde was getrout en myn zoon Jan is van de kaffers *(sic) vermoord hy en syn overleede vader Jan Gryling heef harle leeven daar in de binne lant moes late en hun lighame aan de diere moes geven voor die lant daar- en hier moes ik myn brave man Retief met zyn jongste zoon Pieter Retief en met myn oudste zoon Abraham Gryling ok hun lighame weer aan de diere geven door de wrede Dingaan. Lieve broeder myn rampe is byna te zwaar UEd. daar een behoorlijke melding van te doen u ken wel dinke 2 mans en 3 kinders moes afgeven waar ik geen graf voor kon laat make van Retief is ook 2 klyn dood van Gryling heef ik nog in leeven Piet en Barent en van Retief Jacobus Francois zyn vrouw en kinders is ook dood en dan Debora Jacoba haar man en kinders is ook dood, en dan heef ik nog Magdalena Margareta haar kinders is ook dood nu heef ik van myn 15 kinderen nog 5.

Geliefde broeder zend myn dog een kasje met boomtjes ik zal die transport betalen ook wens ik te weeten of B. Hendrik Herholt myn brief ontvangen heef. Nu zal ik sluyte en groet Ued. alle met opregte liefde

Ued. Welmenende Suster en Dogter,

MAGDALENA JOHANNA DE WET

Weduwe PIETER RETIEF

 

*(sic): OASE plaas die brief van Lenie Retief soos wat dit in sy oorpronklike skryfstyl verskyn het, en het gevoel dat dit afbreek sal doen aan die egtheid daarvan indien ons enige veranderinge aanbring.


Kommentare gesluit.

 

OASE OP OASE op YouTube
OASE op YouTube



Artikel7

Twitter Boodskappe