Ontstaan van die Afrikanervolk: Deel 3
Last Updated on Thursday, 28 July 2011 01:38 Written by Webmaster Thursday, 28 July 2011 01:38
Die kultuurpatroon van die Afrikanervolk
Volgens Coertze (1973:71) bestaan kultuur uit ‘n verskeidenheid kulture wat die lewensgestalte is van ‘n verskeidenheid volke, versprei in ruimte en mekaar opvolgend in tyd, alhoewel daar groot ooreenstemming is in algemene struktuur en vorm van die kulture van die wêreld en vermoedelik ook van alle tye. Hierdie fundamentele aspekte van kultuur word kulturele universalia genoem en is kortweg die volgende: ‘n godsdiens van een of ander vorm en die daarmee samehangende verskynsels, ‘n ekonomiese organisasie en aktiwiteite, ‘n regering- en regstelsel, ‘n sosiale organisasie, ‘n opvoedkundige stelsel, ‘n filosofiese en kennissisteem, ‘n taal en letterkunde voortbrengsels van een of ander aard, tegniese skeppinge en skoonheidskeppinge as kuns in een of ander vorm wat betrekking het op skoonheid van klank, kleur, lyn en ritme en wat deur ‘n verskeidenheid media tot uiting kom.
Volgens Coertze (1974:74) vorm die kultuur van enige etnos of volk ‘n konfigurasie of vergestalting van sy totale lewe, sigbaar en onsigbaar. Volgens Van Jaarsveld (1971:11) is ‘n volk ‘n kultuurgemeenskap, dit wil sê ‘n groep mense wat onder andere gemeenskaplike kenmerke besit en dieselfde opvattings en ideale het, asook ‘n eie identieit, wat bepaal is deur afkoms, bodem, taal, godsdiens, geskiedenisbeskouing, instellings en organisasies.
Dit is belangrik om te gaan kyk wat die kultuurstrewe van Afrikaners in die tydperk vòòr 1994 was, want daardeur sal almal ‘n beter begrip hê vir die posisie waarin Afrikaners hulleself vandag bevind. Tydens ons navorsing het ons verskeie weergawes oor hierdie onderwerp teëgekom, maar ons volstaan by dit wat Swart (1987:16-18) hieroor te sê het. Volgens Swart het Afrikaners se kultuurstrewe histories gelê in:
- die vervulde poging om republikeinse staatsbeheer oor homswelf in sy eie, vrye, demokratiese staat te bekom en te behou.
- die erkenning, eerbiediging, gebruik en ontwikkeling van die Afrikaanse taal.
- die bestendiging en gesonde grondslag van die volksekonomie waar armoede gestuit, ekonomiese deelname en beheer bevestig moes word en materiële begeertes nie die kultuursin sou benadeel nie.
- die behoud van blankheid.
- ‘n gesonde gesins- en volkslewe.
- kennis aangaande die verlede.
- ‘n eie kunsskat in al sy uitinge wat skepping, uitvoering en bywoning betref.
- ‘n Bybels-Protestantse grondslag waar die Kerk sy kultuurtaak volledig aanvaar het.
- die vervulling van ‘n roeping aan die Suidpunt van Afrika.
- ‘n kleurgevoel wat met norme en identiteit en nie bloot met rassisme te doen het nie.
- ‘n geloof in homself en ‘n toekoms wat daar sál wees vir hom as kultuurvolk en as Christen.
- die steeds hoër onderwyspeil van al sy burgers, gekoppel aan ‘n kultuurbewuste inskakeling van eie skoliere, professionele beroepslui, volksmense van elke skolastiese vlak en tegnici sodat die geeskrag vir die eie behoue en benut kan bly.
- ‘n politieke en partypolitiese en staatkundige gesagsposisie wat met demokratiese regverdigheid behaal is en behou word ten einde met billikheid en selfrespek ook die eie kultuurgoed langs daardie weë te bestendig.
- die stigting van kultuurororganisasies wat sonder dienstigheid aan iets anders na elke groep in die eie volk en elke faset van sy eie, totale kultuurmilieu moes omsien, sonder dat sy kultuur verabsoluteer sou word of selfverheffend of imperialisties sou wees. Hoewel hy Christelik-nasionaal ook in sy kultuurstrewe is, was hy nie vir die gedagte van ‘n staatskerk te vind nie. Die band tussen die Bybel en kultuur, tussen God en eiesoortige kultuurvolk met ‘n roeping was natuurlik ‘n besondere begeleiding wat die kultuurstrewe betref.
- die aantastende nie-Afrikaanse invloed wat soveel as moontlik berekend afgeweer of selfs teengestaan moes word. Ter wille van genetiese en kultuursuiwerheid moes byvoorbeeld nie met nie-Afrikaners in die huwelik getree of soisaal te veel geskakel word of in ‘n nie-eie onderwysstroom meegegaan word nie. Getallegewys moes die Afrikaner nie deur vreemde, minder assimileerbare immigrante bedreig word nie. Volksfeeste was dan ook op die versterking van en kennis aangaande die eie kultuur ingestel, sodat elke volksgenoot behou kon word om weer die eie volk op elke eie terrein by te staan.
- die feit dat volkskap nie ter wille van ‘n vae, breër nasieskap ingeboet moes word nie, alhoewel die kultuurstrewe ‘n hoogste lojaliteit teenoor Suid-Afrika as enigste vaderland ingesluit het.
- die volkslewe wat moes rekening daarmee hou dat kultuur kan en sal verander en selfs wyer omsluit, maar dat grondslae soos volksbehoud, sedelike beginsels, ‘n hoë sosiale kode van reg en verkeerd, ‘n sterk en getalryke gesin, hoë dienswilligheid in eie kultuurkring en harde werk waaruit arbeidstrots gebore sal word, onvervreembare kultuurwaardes moet bly.
Coertze (1974:74-5) stel dit baie duidelik dat daar altyd ‘n gaping is tussen die kultuur wat ‘n volk bely en die wyse waarop dit prakties uitgeleef word deur die lede van ‘n volk. Die koestering van bogemelde kultuurideale was egter na alle waarskynlikheid ‘n beskerming teen verswarting en algehele kulturele ineenstorting, veral as ‘n mens in ag neem dat Afrikaners, synde van Europese afkoms, nog altyd ‘n klein minderheid was in ‘n see van swartes uit Afrika waarvan die kultuur en gedragspatrone diepliggend verskil van Afrikaners s’n. Die feit dat Afrikaners onder hierdie omstandighede daarin kon slaag om oor ‘n tydperk van 360 jaar hul westerse waardestelsel te behou, is uniek en getuig van uiterste gedetermineerdheid wat oor dieselfde tydperk onder Afrikaners ontstaan het om uiteindelik as vrye volk te kon ontwikkel en te kon bly voortbestaan in Afrika. Die ANC-regering se openlike en doelgerigte pogings om alles in Suid-Afrika te verafrikaniseer, insuitend Afrikaners se kultuurerfenis, asook die doelgerigte poging om Afrikaners se kultuurstrewes te onderdruk of minstens te ontken, herinner Afrikaners sterk aan die verengelsingsbeleid van Lord Milner na afloop van die Anglo-Boereoorlog aan die begin van die vorige eeu. Dit is hierdie verafrikaniseringsbeleid van die ANC wat uitloop op die ernstigste vorms van skending van Afrikaners se minderheidsregte binne internasionale regskonteks.
Sedert Suid-Afrika ‘n demokrasie geword het in 1994, is daar ‘n georkestreerde aanslag geloods teen Afrikaners se kulturele en selfs fisiese voortbestaan. Die sielkundige impak wat hierdie aanslag op Afrikaners het, is nog nie behoorlik nagevors in so verre as wat OASE dit kon vasstel nie, maar ons beoog om die navorsing wat elders gedoen is in gevalle waar minderhede soortgelyke omstandighede beleef het so wetenskaplik as moontlik weer te gee in ‘n artikel wat eersdaags gepubliseer sal word.
Bronnelys:
Coertze, P.J. 1973. Inleiding tot die Algemene Volkekunde. Johannesburg: Voortrekkerpers.
Coertze, P.J. 1974. Gebeure en ontwikkelinge in Afrika. Kaapstad: HAUM.
Van Jaarsveld, F.A. 1971. Afrikaner Quo Vadis? Johannesburg: Voortrekkerpers.
Swart, M. 1987. Ons Voortbestaan – Die Kultuurstrewe van die Afrikaner. Pretoria: Oranjewerkers.


[...] stelling word in Deel 3 van die artikels op OASE se blog oor die Ontstaan van die Afrikanervolk gemaak dat die koestering [...]