Monday, May 20, 2013

Posts Tagged ‘oase’

Die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne ‘n soewereine grondgebied

 

In hierdie artikel word daar gekyk na die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne die vereistes van die internasionale reg en die RSA-Grondwet van 1996 asook na struikelblokke wat in die praktyk mag bestaan vir Afrikaner-selfbeskikking in ‘n eie staat.

Die reg op selfbeskikking vir ‘n volk is ‘n primêre reg wat lankal nie meer deur die internasionale reg ernstig bevraagteken word nie. Artikel 1(1) van die International Covenant on Civil and Political Rights gee die volgende definisie vir selfbeskikking:

Read more: Die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne ‘n soewereine grondgebied

‘n Eenheidsvlag vir Afrikaners

Die kwessie van ’n eenheidsvlag is altyd kontroversieel. OASE het deeglike navorsing gedoen oor ’n vlag wat eenheid onder Afrikaners sal bewerkstellig sonder dat dit enige apartheids- of ander negatiewe konnotasies het. Hierdie eenheidsvlag het niks te make met die vlag wat Afrikaners self eendag by wyse van ’n referendum kan kies as ’n nasionale vlag ná verkryging van onafhanklikheid in ’n eie staat nie.

Die vorige Republiekvlag (oranje, blanje, blou met drie klein vlaggies in die middel) het sonder twyfel ’n apartheidskonnotasie. Apartheid is deur die VN tot ’n misdaad teen die mensdom verklaar en die gebruik van die ou RSA-vlag ter wille van volkseenheid sal veroorsaak dat Afrikaners se vryheidstrewe deur die wêreld daar buite beskou word as ’n teruggryping na apartheid. Afrikaners moet egter daarteen waak dat hul volksbestaan van nagenoeg 250 jaar nie misken word as gevolg van 46 jaar se apartheidsfoute nie. Alle volke op aarde is trots op hul geskiedenis en Afrikaners se geskiedenis as inheemse  volk van Afrika strek so ver terug as die tweede helfte van die 18de eeu.

Afrikaners het volle onafhanklikheid geniet in die voormalige Boererepublieke van die ZAR  (Transvaal) en die Oranje-Vrystaat reeds vóór Britse kolonisasie in 1902. Elkeen van hierdie republieke het hul eie vlae gehad. Tot vandag toe word hierdie republikeinse vlae deur baie Afrikaners gerespekteer vir hul historiese waarde en vir die feit dat dit Afrikaners se vryheid in die verlede simboliseer.

OASE het vasgestel dat Afrikaners se aanspraak op grondgebied, wat deel vorm van grondgebied waar Afrikaners vóór Britse kolonisasie (1902) volle soewereiniteit geniet het, ’n faktor is wat deurgaans in die internasionale reg belangrik geag word by ’n eis vir eksterne selfbeskikking met die oog op territoriale soewereiniteit. OASE se afgebakende gebied waar Afrikaners eksterne selfbeskikking behoort op te eis val binne die (veel groter) gebied waar Afrikaners in die Transvaal (ZAR) en Vrystaat histories volle onafhanklikheid geniet het. Afrikaners het ’n onbetwisbare historiese verbintenis met en ’n sterk internasionale regsaanspraak op hierdie gebied. Dit sluit ook die voormalige Boererepublieke se hoofstede in, naamlik Pretoria en Bloemfontein.

Teen die einde van die Anglo-Boereoorlog (1902) het baie burgers gevoel dat, aangesien die vryheidstrewes van die twee Boererepublieke dieselfde was met ‘n gemeenskaplike vyand (Groot-Brittanje), hulle ‘n vlag wil gebruik wat beide die Transvaal (ZAR) en die Vrystaat verteenwoordig. ‘n Oranje baan is toe aan die onderkant van die Transvaalse Vierkleur vasgeheg, en die nuwe vlag het bekend geword as die Vyfkleur. Soos wat die Boere se gesamentlike kommando’s uit die twee onafhanklike republieke dorpe herower het van die Britte, het hulle die Vyfkleur telkens gehys. Die Kaapkolonie was onder Britse beheer en Afrikaners het nooit daar enige soewereiniteit geniet nie, maar die Kaapse rebelle wat die Boere se vryheidstryd gesteun het, het ook dikwels die Vyfkleur gehys wanneer hulle dorpe herower het vir die Boere; hierdie rebelle het soms na die Vyfkleur verwys as die “Oorlogsvlag”.

Daar bestaan geen twyfel by OASE dat die Vyfkleur geskik is om weer ’n gevoel van volkseenheid onder Afrikaners aan te wakker nie. Selfs Steve Hofmeyr as populistiese Afrikaanse sanger steun die gedagte van die Vyfkleur as eenheidsvlag vir Afrikaners. Duisende van hierdie vlae sal eersdaags in die openbaar verskyn met as leuse EX UNITATE VIRES (EENDRAG MAAK MAG). Afrikaners wat vryheid nastreef word versoek om dit aan te skaf en oral ten toon te stel sonder enige terughoudendheid.

 

Die verskil tussen OASE en die VVK

Ons het die verskille tussen OASE en die VVK teen hierdie tyd elders in ons artikels en op verskeie webblogs al holrug gery. Daar is egter steeds Afrikaners wat verward is oor die keuse wat hulle moet uitoefen, hetsy om OASE of die VVK te ondersteun. Die VVK het werklik nie hulle huiswerk vooraf gedoen nie – hieroor het ons en verskeie ander instansies en individue geen twyfel nie :

Read more: Die verskil tussen OASE en die VVK

Propaganda teen OASE

Ons is deur van ons buitelandse bondgenote versoek om alle kommentare vanaf ons webblog te verwyder en om die fasiliteit vir lewering van kommentaar te skrap. Daar is instansies wat OASE probeer diskrediteer en wat ons wil afmaak as ultraregs deur allerlei pro-Nazi-kommentare op ons webblog te plaas waardeur hulle OASE probeer uitlok. Daar het reeds vroeër hierdie week sulke kommentaar verskyn wat beweer dat daar nie sprake is van miljoene Jode wat deur die Nazi’s in Duitsland tussen 1933 en 1945 uitgemoor is nie. Ons het gevolglik alle kommentare verwyder en hierdie fasiliteit geblokeer.

Read more: Propaganda teen OASE

Internasionale bondgenote en OASE se pad vorentoe

Daar heers groot skeptisisme onder baie Afrikaners oor die kwessie van internasionale bondgenote indien Afrikaners die moeisame pad na eksterne selfbeskikking gaan aanpak. OASE het reeds deeglike navorsing gedoen oor hierdie kwelpunt waaroor ons graag in hierdie artikel wil kommentaar lewer. Ons wil ook in hierdie artikel die ongerustheid en ongeduld wat by baie Afrikaners bestaan oor wanneer die daad nou eintlik by die woord gevoeg gaan word ten minste gedeeltelik besweer.

Read more: Internasionale bondgenote en OASE se pad vorentoe

 

OASE OP OASE op YouTube
OASE op YouTube



Artikel7

Twitter Boodskappe