Saturday, May 18, 2013

Posts Tagged ‘regsvereistes’

Internasionale reg en internasionale politiek

Eugene Brink, voorheen verbonde aan Solidariteit-beweging en deesdae navorsingshoof van die N.P. van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid by die FAK, skryf onlangs hierdie kommentaar in reaksie op Chris du Plessis se plasing op facebook i.v.m. OASE (ons haal dit letterlik aan):

“Eugene wrote: Chris, ek wil dan net kortliks reageer. Ek verstaan julle (OASE se) strewes en dink dis edel, maar wil ook net ‘n paar stuiwers in die armbeurs gooi siende dat ek tog al heelwat navorsing vir my doktoraal in selfbeskikking in postkoloniale Afrika gedoen het. Sesessie buiten vir dekolonialisering was slegs in enkele gevalle suksesvol: Eritrea in die vroee 90′s toe Ethiopie se Sowjet-steun verdwyn het en die internasionale mening weggeswaai het van lg.; dan ook Suid-Soedan as die mees onlangse voorbeeld, met oorweldigende steun uit Afrika (Suid-Soedan is immers nou ‘n swart staat) en die wereld na dekades se growwe menseregte-skendings. Biafra, Katanga en Rhodesie se pogings was almal doodgebore en dele soos Puntland, Somaliland en Westelike Sahara het nerens enige erkenning nie al is Somalie ‘n mislukte staat met geen regering nie.

Die OAU het in 1963 sy steun aan die Uti possidetis-beginsel verleen en die soewereintiteit en gebiedsintegriteit van bestaande Afrika-state erken en so het die AU daarmee voortgegaan. Terwyl die VN-handves in art. 2 en 55 die reg op selfbeksikking erken, sowel as ander verbonde in die 1960′s om Afrika onafhanklik te maak, is die beginsel van gebiedsintegriteit nog altyd gehandhaaf en min state of ander internasionale rolspelers sal hul steun toese aan ‘n volkstaat in SA. Die Kosowo-geval was oorweldigend gesteun deur die Weste om Rusland se vennoot (Serwie) te verswak. Dit was dus ‘n internasionale magspel wat Kosowo se UDI laat slaag het, nie die internasionale reg nie. Sover dit SA betref, glo ek helaas nie vir een oomblik dat die magtigste staat in Afrika ‘n groot stuk van sy produktiewe grondgebied aan die voormalige ‘Afrikaner-onderdrukkers’ sal afstaan nie. Ons bly in Afrika en dis die manier hoe Afrika werk en die ANC sal SA eerder verwoes as om ‘n stuk te laat afstig en dan daarna skielik handelbetrekkinge met die nuwe staat te he en hulle as belastingbetalers te laat gaan.

Read more: Internasionale reg en internasionale politiek

The independence of Kosovo and the links with South Africa

 

The right to self-determination is now widely considered to be a rule of customary international law and a peremptory (jus cogens) norm of international law.1  The latter indicates that hierarchically, the right to self-determination would trump other rules of international law that do not have this jus cogens status. However, the exact scope and extent of this right under international law remains a contentious issue which has flared up again mainly as a result of the unilateral declaration of independence by Kosovo on 17 February 2008.

Although most of Europe as well as the United States of America recognized Kosovo as an independent state, many states refused to do so based on the fact that such a declaration is in violation of international law. On 17 October 2010 the United Nations General Assembly2 submitted a request to the International Court of Justice (ICJ) in The Hague for an advisory opinion regarding the following issue: Accordance with international law of the unilateral declaration of independence in respect of Kosovo.3  More than 30 states submitted written statements regarding the legality of the unilateral declaration of independence and two written contributions by the authors of the unilateral declaration of independence of Kosovo4 were also submitted.  The public hearings were concluded on 11 December 2009 and after several months of deliberations the Court rendered its opinion on 22 July 2010.  The final conclusion of the Court was read out by ICJ President Hisashi Owada.

Read more: The independence of Kosovo and the links with South Africa

Op weg na ’n Afrikaner-republiek

OASE het die afgelope jaar daarin geslaag om die kundigheid van ‘n span akademici, beroepslui en ander denkende mense vanuit die hele spektrum van die Afrikanergemeenskap in te span ten einde ‘n werkbare en volhoubare oplossing vir Afrikaners se politieke en ekonomiese dilemma te vind.

Die vlak waartoe Afrikaners se kultuur sedert 1994 deur die RSA-regering afgetakel is, die ekonomiese ontmagtiging van Afrikaners waarvan die RSA-regering se beleid van regstellende aksie maar net een faktor is en die fisiese aanslag wat Afrikaners daagliks verduur, laat ons met geen keuse as om aan te dring op volle onafhanklikheid binne ’n eie Afrikaner-gebied nie. Die OASE-padkaart na vryheid, wat die korrekte roete vir Afrikaners aandui om weer eendag vryheid in hul eie land te geniet, moenie gesien word as ’n kitsoplossing vir ons volk se probleme nie. Die pad wat geloop moet word sal uiteraard nie maklik wees nie en Afrikaners moet hiermee rekening hou in hul vryheidstrewes.

Read more: Op weg na ’n Afrikaner-republiek

Die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne ‘n soewereine grondgebied

 

In hierdie artikel word daar gekyk na die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne die vereistes van die internasionale reg en die RSA-Grondwet van 1996 asook na struikelblokke wat in die praktyk mag bestaan vir Afrikaner-selfbeskikking in ‘n eie staat.

Die reg op selfbeskikking vir ‘n volk is ‘n primêre reg wat lankal nie meer deur die internasionale reg ernstig bevraagteken word nie. Artikel 1(1) van die International Covenant on Civil and Political Rights gee die volgende definisie vir selfbeskikking:

Read more: Die praktiese haalbaarheid van Afrikaner-selfbeskikking binne ‘n soewereine grondgebied

Regsvereistes: Vereistes vir die totstandkoming van ‘n nuwe staat

Lees meer oor die vereistes vir die totstandkoming van ‘n nuwe staat hier

 

OASE OP OASE op YouTube
OASE op YouTube



Artikel7

Twitter Boodskappe